Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.1.13

Hallo, my China -- So groet ons mense

Almal van ons het maar ons snaaksighede en gewoontetjies, maar as daar nou iets is wat mens laat glimlag, is dit die manier waarop die mense dagsê.

In Hanekraai, November, 1970 word berig dit is voorwaar iets om te hoor en te aanskou as die redaksielede van Die Vaderland op die vierde verdieping in Aucklandpark die oggend inkom en hul kollegas groet. En glo dit: die gesigsuitdrukkings, handgebare en elkeen se kenmerkende rnanier van moresê, is genoeg om 'n blou Maandag van kleur te laat verander.

Hoor net 'n bietjie wat sê die mense voordat hulle hul dagtaak begin:

Tom Buys
Herman Snyman
• Herman Snyman (Kleinboet): Gegroet, here.

• Peet van Staden: Hallo, my China.

• Len Lindeque: Baie geluk.

• Corrie Cronje: Boere!

• Tom Buys: More, Hannes; more, Piet; more, Cas; more, John; more, Ferdi; more, Samson. (Vriendelike hoofsub hierdie, hy groet elkeen afsonderlik.)

Christi du Preez
Ouboet Snyman
• Johan (Ouboet) Snyman : Heit! O, ekskuus!)

• Douglas Jones: More, al die subs.

• Christi Du Preez: Dis interessant. (Weens die kruie kon ons ongelukkig nie die hele sinsnede plaas nie.)

• Willie Buys: Yes, Menere.

 • Jan Beukes: Hoe gaan dit?

Evert van Niekerk
Joe Loretz
• Joe Loretz: Hy groet nie, maar sluip stil-stil verby sonder om 'n woord te sê. Hy is altyd laat en is dan bang Frans du Toit (nuusredakteur) hoor hom.

• Evert Van Niekerk: !!/"°%$** Ja, more.

 • Bruce Taylor: Meneeg! (Hy bry.)

• Mike Meiring: More, Kollega!

 • Mauritz Vogel: Howzit.