Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

31.1.13

Koerantmanne groet Willie Liebenberg

Dié foto het in September 1972 in Perskorhaan onder die opskrif Uit ons Argief verskyn.

Die gewese swaargewig-stoei-kampioen van Suid-Afrika, Willie Liebenberg, het in Februarie 1950 na San Francisco vertrek waar hy aan ‘n wêreldtoernooi deelgeneem het. Om die geleentheid te vier het 'n aanital Johannesburgse koerantmanne op 20 Februarie daardie jaar in die woonstel van wyle Henry Irslinger, toentertydse stoeibaas, byeengekom om Willie die beste toe te wens.


September 1972
Onder diegene wat die geselligheid bygewoon het, was 'n paar bekendes in Perskor-kringe. Van links na regs agter is die verteenwoordiger van SAPA (sy naam het die geheue ontgaan), Chris Greyvenstein (Die Volkstem) wat toe pas van Pretoria af na Johannesburg as dagblad verskuif het, stoeibaas Henry Irslinger met sy allewige sigaar, Dana Niehaus (Die Transvaler) , Hoffie de Beer (Die Vaderland), Jan Hoeksema (Die Volkstem) en Gert van Schalkwyk, 'n gewese stoeier en destydse bekende aankondiger in die kryt.

Voor sit die gewilde Liebenberg.