Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

7.1.13

Piet se mampoer-storie was lekkerrr!

K’rant het vinnige kommentaar oor Piet Ebersöhn se Mampoer-storie gekry:

Anton Goosen, Suid-Afrika se liedjieboer, het laat weet dat hy die foto van hom in die storie onthou. “Baie lekker artikel,” skryf hy.
Linda van Niekerk skryf: Paul Kruger wat vir jare by julle werksaam was, is my oom en dis hoe ek by julle K'rant uitgekom het. Die storie oor die
ketel was vreeslik snaaks. Baie dankie daarvoor. My pa-hulle het in die Marico-distrik geboer en kan baie stories vertel. Nietemin, dit was 'n fees! (Onthou die Hendrik Schoeman-stories!)
Myra Bosch het uit Pretoria waar sy kuier, laat weet: “die mampoer-storie was ’magic’".
Willie Buys skryf: Almal dink die mampoer-storie is vreksnaaks (ek ook), maar toe ek laas mampoer gedrink het, het ek die volgende dag nie gedink dis snaaks nie!
Andries Botha sê: Die mampoer-briewe moet gewis as ‘n “hangover” gebruik word. Mooi skoot, Piet.
Japie Bosch sê: Piet moet die eer kry dat hy 'n "nasionale saak" van amperse ondergang gered het.