Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

13.1.14

Fotodag 16: Boet en boet?

GERHARD BURGER, voormalige sportredakteur van Die Vaderland en redakteur van Transvaler, het dié twee foto's uit sy versameling aan K'rant gestuur.

Elke Maandag is fotodag in K'rant.

Volg Gerhard na: gaan blaai deur jou foto-albums en stuur vir ons herinneringe
van jou Perskordae en -kollegas.


Die ooreenkoms in gelaatstrekke is nogal opvallend. Links is Wessel Oosthuizen, befaamde Perskor-fotograaf, regs die legendariese rugbylosskakel van Wallis en die Britse Leeus, Phil Bennett. Hy en die ewe legendariese Gareth Edwards het in ‘n destydse wêreldrekord van 25 toetse as skakelpaar saamgespeel en min mense onthou seker dat sy eerste verskyning teen Suid-Afrika in 1969 as vleuel was. Sy loopbaangeskiedenis by http://en.wikipedia.org/wiki/Phil_Bennett bied opwindende leesstof.

Omstrede dae

Nog ‘n foto uit GERHARD BURGER se versameling toon hom in ‘n onderhoud met Winnie Mandela, destyds nog die vrou van die ANC-leier en latere SA president, Nelson Mandela. Weens die wette van daardie jare mog Winnie nie aangehaal word nie. Daarom is geen woord van die "onderhoud" gepubliseer nie. Saam op die foto is die sowat 12-jarige Mandla Mandela, Winnie se kleinseun, en deesdae ANC-parlementslid en kaptein van die Mvezo-stamowerheid. Sieg Behm het die foto geneem.