Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

20.1.14

Fotodag 17: Hekpyne in Empireweg

TOM BUYS skryf in Hanekraai van Februarie 1971:

Hier is 'n hek.

Dit lyk soos die ingang tot 'n tronk of 'n goedbewaakte inrigting.
Hanekraai, Februarie 1971

Mense stroom soms smiddae met meer geesdrif daaruit as wat hulle binnegaan.
Elkeen het natuurlik sy eie rede. Hoofsaak is natuurlik dat daar agter daardie hek gewerk moet word.

Die hek, hoe nederig ookal van voorkoms, behoort aan die APB.

Die trappe voor die hek ook. Nuwe trappe.
Sien. (Dis nou Jan Heeksemastyl)

Van sement.
Sien.

Was nie eers so nie.
Sien.

Was eers sulke lelikes. En gevaarlik.
Sien.

Hoë trappe.
Sien.

'n Mens moes been rek om op te kom.
Sien.

Eendag kom ek en kollega Piet Ayres uit die soutmyn. Dis nou Die Vaderland se subkantoor.
Sien.

En ons klim met die trap af.
Sien.

Die ou, hoës waar 'n mens moes been rek.
Sien.

Ek ek val.
Sien.

Dit was 'n ramp.
Sien.

My linkerknie het uitgegly.
Sien.

Baie seer, en baie treurig.
Sien.

Piet Ayres
Al twee operasies op die ou rugbyknie gehad.
Sien.

Toe's ek verbitter.
Sien.

(Voor ek vergeet. Kollega Piet se naam is vroeër genoem sodat eenrigtingkende medewerkers nie moet dink ek het gebars en toe geval nie. Kollega Piet kan daarvoor instaan.)
Sien.

Gaan kla toe by mnr. Otto Schwellnus.
Sien.

Hy's toe boos.
Sien.

Nie omdat ek gekla het nie.
Sien.

Omdat daar voorheen al slagoffers was.
Sien. (Lekker woord, glo goed vir atmosfeer.)

En toe word die nuwe trap gebou.
Sien.

Ek sit met 'n knie wat nou 'n derde operasie gaan verg.
Sien.

Jan Hoeksema
Maar miskien sal die trappe die Tom Buys-trappe genoem word.
Sien.

(Jan Hoeksema was Die Vaderland se hooggeregshofverslaggewer en later redakteur van Saterdag-Vaderland.  Hy het 'n rubriek in laasgenoemde oor hofsake behartig en graag dié "sien"-styl gebruik. -- Red.)



Verkeerstrane


Menige motoris en menige joernalis van Perskor het by dié ingang van van Perskor in Empireweg-verlenging frustrasies beleef. As 'n vragmotor soos dié met yslike rolle koerantpapier by die perseel moes indraai, was daar dikwels groot konsternasie in dié smal straat.  Tydens spitstye het dit verkeerstilstand veroorsaak en verslaggewers wat haastig op pad na 'n storie was, moes teen wil en dank wag totdat daar 'n gaatjie was om uit te glip.  Dié foto is om 07:30 een oggend in Oktober 1970 geneem.