Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

27.1.14

Fotodag 18: Mnr X se loopbaanverandering

DIE NATALLER het 'n ware "terroris" in sy midde! Maar gelukkig 'n "bekeerde" een. Sy naam is Bruno Mtolo (links), gewese hoof van die tegniese komitee van die African National Congress. Sy naam was gedurende die opspraakwekkende Rivonia-verhoor landwyd bekend as mnr X.

November 1971
Sy bedrywighede van destyds (só het hy as Staatsgetuie aan die hof vertel) het onder meer 'n bomontploffing by Die Nataller se kantore tot gevolg gehad.

Gelukkig het Bruno tot "bekering" gekom en vandag is hy 'n ware staatmaker as teemaker en donkerkamer-assistent. -- Perskorhaan, November 1971.

Daar is heelwat inligting oor Mtolo op die internet.  Lees destydse hofgetuienis van Mtolo HIER.

Onderstaande is 'n uittreksel uit Eleanor Sisulu se boek Walter and Albertine Sisulu, in Our Lifetime.