Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

16.9.16

Herinneringe gesoek oor Perskor-gebou in Doornfontein

LORRAINE VILJOEN skryf: Ek het die berig in K'rant “’n Kubertoer na ou Perskor-landmerke” gelees. (Klik Hier.)

Ek is tans besig om navorsing te doen oor die Perskorgebou in Doornfontein wat 'n paar jaar gelede deur die Universiteit van Johannesburg gekoop is. Die gebou is opgeknap en word nou deur die universiteit gebruik. As deel van 'n “hernoemingsproses” is die gebou vanjaar venoem na Percy Qoboza, voormalige redakteur van The World, en Aggrey Klaaste, voormalige redakteur van Sowetan. Dit staan nou bekend as die Q/K Building.

Ek wonder of julle dalk meer inligting oor die gebou self het? Ek wil baie graag weet in watter jaar die gebou opgerig is en wanneer dit in gebruik geneem is. Dit lyk soos 1976. Ek sal enige inligting waardeer. Ons probeer die geskiedenis bewaar. (Kom ons kyk hoeveel herinneringe ons het oor die ou Perskorgebou in Doornfontein wat Lorraine se navorsing kan aanvul. – Red.)

Die ou Perskorgebou in Heightstraat, Doornfontein soos hy tans lyk.