Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

15.11.12

Fisiek is nie fisies nie

Stella Niemand skryf: As gewese sub wil ek julle eerstens gelukwens met die goeie en korrekte taalgebruik in K’rant. Dit is in baie opsigte beter as die taal wat ek daagliks in Beeld en Sondae in Rapport lees. Soms wonder ek of
hulle wel subs het!

Iets wat my egter wel opgeval het in K’rant, is die verkeerde gebruik van die woord ‘fisies’ en ek wil dit graag met ‘n positiewe gesindheid regstel. ‘Fisies’ word net in die fisika-omgewing gebruik. Verder is alle liggaamlike of tasbare voorwerpe ‘fisiek’, soos fisieke gestremdheid, fisieke adres, ens.

Weer eens dankie vir die moeite wat julle met K’rant doen en ek hoop julle aanvaar die kritiek met die gesindheid wat ek daarmee bedoel het. (Dankie, Stella. Positiewe kritiek is altyd welkom. Met vier mede-redakteurs is die gevaar maar immer daar dat te veel koks die bry kan bederf, maar dis geen verskoning nie. – Red.)